Yesha'yahu 50:3-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Ek trek die hemele aan met duisternis en bedek dit met ’n roukleed.

4. יהוה-God het vir my die tong van ’n geleerde gegee sodat ek kan weet hoe om die vermoeide te verkwik met ’n woord; Hy maak my in die oggend wakker, Hy maak my oor wakker om die leringe te hoor.

5. יהוה-God het my oor oopgemaak en ek was nie ongehoorsaam of het teruggedraai nie.Luk 6:29

6. Ek het my rug gegee vir die wat slaan en my wange vir die wat die baard uitpluk; ek het nie my gesig toegemaak vir vernedering en gespoeg nie,

7. want יהוה-God help my; daarom word ek nie onteer nie; daarom het ek my gesig soos ’n vuursteen gemaak en ek weet dat ek nie beskaamd sal staan nie.

8. Hy wat my verdedig is naby; wie sal teen my staan? Laat ons teen mekaar opstaan! Wie het ’n saak teen my? Laat hom naderkom na my toe!

9. Let op, יהוה-God help my; wie is dit wat my veroordeel? Let op, hulle sal almal verslyt soos ’n kledingstuk; die mot sal hulle eet.

10. Wie is daar onder julle wat יהוה vrees, wat die stem van Sy dienskneg gehoorsaam, wat in duisternis loop en geen lig het nie? Laat hom vertrou in die Karakter en Outoriteit (Naam) van יהוה en steun op sy God!

11. Let op, julle almal wat ’n vuur aansteek, wat julleself met vonke omring, loop in die lig van julle vuur en tussen die vonke wat julle aangesteek het! Dit sal julle van My hand ontvang; julle sal in foltering neerlê.

Yesha'yahu 50