Yesha'yahu 47:7-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

7. Tog het jy gesê: ‘Ek sal ’n koningin wees vir altyd;’ jy het hierdie dinge nie in ag geneem of aan die einde daarvan gedink nie.

8. Hoor nou dit, sensuele een, wat so veilig bly, wat in jou hart sê: ‘Ek is en daar is niemand anders nie! Ek sal nie as weduwee sit of verlies van kinders ken nie.’

9. Hierdie twee dinge sal egter skielik, op een dag, oor jou kom: verlies van kinders en weduweeskap; in volle maat sal hulle oor jou kom, ondanks jou baie towerye, ondanks die groot krag van jou besweringe.

Yesha'yahu 47