Yesha'yahu 44:4-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. en hulle sal opspring tussen die gras soos populiere by waterstrome.’

5. Die een sal sê: ‘Ek behoort aan יהוה’ en die ander sal die naam van Ya’akov aanroep en die ander sal met sy hand skryf: ‘Ek behoort aan יהוה’ en sal die naam van Yisra’el eer.”Open 1:17; Open 2:8; Open 22:13

6. So sê יהוה, die Koning van Yisra’el en sy Loskoper, יהוה-Tzva’ot: ‘Ek is die Eerste en Ek is die Laaste en buiten My is daar geen God nie.

7. Wie is soos Ek? Laat hom dit verklaar en verkondig; laat hom dit aan My weergee in volgorde, vanaf die tyd dat Ek die antieke nasie gevestig het? Laat hulle die dinge wat kom en wat sal gebeur, bekend maak.

8. Moenie bewe en moenie bang wees nie; het Ek dit nie lank tevore vir jou aangekondig en dit verklaar nie? Júlle is My getuies! Is daar enige God buiten My, of is daar enige ander Rots? Ek weet van geeneen nie.

9. Hulle wat gesnede beelde vorm, is almal nutteloos en hulle kosbare dinge is tot geen voordeel nie; selfs hulle eie getuies faal om te sien of weet sodat hulle beskaamd word.

10. Wie maak ’n god en giet ’n beeld tot geen voordeel nie?

11. Let op, al sy metgeselle sal beskaam word, want die ambagsmanne self is net mense! Laat hulle almal bymekaarkom, laat hulle opstaan, laat hulle bewe, laat hulle saam beskaam word!

12. Die skrynwerker maak ’n stuk yster gereedskap skerp en vorm die beeld met ’n skaaf en rond dit af met ’n beitel en werk dit met sy sterk arm. Hy word ook honger en sy krag faal; hy drink geen water nie en word moeg.

13. Die skrynwerker kies ’n stukkie hout en trek ’n maatlyn. Hy bewerk hom met skawe en trek hom met ’n passer en maak hom in die vorm van ’n man, na die skoonheid van ’n man, om in ’n huis te sit.

Yesha'yahu 44