Yesha'yahu 43:13-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Selfs van ewigheid af is Ek Hy en daar is niemand wat kan red uit My Hand nie; Ek tree op en wie kan dit omkeer?”

14. So sê יהוה, jou Loskoper, die Afgesonderde van Yisra’el: “Om julle ontwil het Ek na Bavel gestuur en sal hulle almal, die Kasdeërs, as vlugtelinge laat afkom in die skepe waarop hulle hul beroem.

15. Ek is יהוה, julle Afgesonderde Een; die Skepper van Yisra’el, julle Koning.”

16. So sê יהוה wat deur die see ’n roete en deur die magtige waters ’n pad gemaak het,

Yesha'yahu 43