Yesha'yahu 42:23-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Wié, tussen julle, luister na hierdie dinge? Wie sal toegee en luister na vandag?

24. Wie het Ya’akov oorgegee as plunder en Yisra’el aan plunderaars? Was dit nie יהוה teen Wie ons gesondig het nie en in Wie se paaie ons nie gewillig was om te loop nie en Wie se wet ons nie gehoorsaam het nie?

25. Hy het daarom die hitte van Sy woede en die geweld van die geveg op hulle uitgestort en dit het hul rondom aan die brand gesteek, tog het hul dit nie besef nie en dit het hulle gebrand, maar hul het dit nie ernstig opgeneem nie,

Yesha'yahu 42