Yesha'yahu 42:10-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Sing tot יהוה ’n nuwe lied en besing Sy lof vanaf die eindes van die aarde af; julle wat afgaan na die see en alles wat daarin is; julle eilande en die wat daarop woon!

11. Laat die wildernis en sy stede uitroep, die dorpe waar Kedar bly! Laat die inwoners van Selah hardop sing, laat hulle uitroep van vreugde vanaf die top van die berge!

12. Laat hulle aan יהוה lof, eer en aanbidding gee en Sy lofprysing in die kuslande verkondig!

13. יהוה sal uittrek soos ’n magtige man; Hy sal ywer opwek soos ’n krygsman. Hy sal ’n kreet uiter, ja, ’n strydkreet. Hy sal teen Sy vyande standhou.

Yesha'yahu 42