Yesha'yahu 40:29-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. Hy gee krag aan die vermoeide en vermenigvuldig krag vir hom wat geen krag het nie.

30. Alhoewel jonges moeg en vermoeid word en fikse jongmanne sleg struikel,

31. tog sal die wat op יהוה wag, hulle krag hernu; hulle sal opvaar met vlerke soos arende; hulle sal hardloop en nie moeg word nie, hulle sal loop en nie vermoeid word nie.

Yesha'yahu 40