Yesha'yahu 40:10-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Let op, die Meester, יהוה, sal kom met krag, Sy arm met mag. Let op, Sy loon is by Hom en Sy beloning is voor Hom.

11. Hy sal Sy kudde versorg soos ’n herder; Hy sal die lammers in Sy arms bymekaarmaak en aan Sy bors dra; die lammerooie sal Hy saggies lei.

12. Wie het die waters met die holte van Sy hand afgemeet, die hemele afgemerk met ’n span, die stof van die aarde met ’n maatbak bereken en die berge met ’n hangskaal geweeg en die heuwels met ’n weegskaal?Iyov 21:22; 1 Kor 2:16 of Hom onderrig as sy Raadsman?

13. Wie het vir die Gees van יהוה rigting aangewys

14. Met wie het Hy raad gehou en wie het Hom insig gegee? Wie het Hom geleer aangaande die pad van regverdige oordeel en Hom ingelig oor die pad van insig?

15. Let op, die nasies is soos ’n druppel vanuit ’n emmer en word beskou as ’n stoffie op die weegskaal. Let op, Hy lig die eilande op soos fyn stof.

16. Selfs L’vanon is nie genoeg om te brand, of sy wilde diere genoeg vir ’n brandoffer nie.

17. Al die nasies is soos niks voor Hom; hulle word deur Hom as minder as niks en nietig beskou.

18. Met wie wil julle God gelykstel, of watter gelykenis Hom mee vergelyk?

19. Die ambagsman giet ’n afgod, ’n goudsmid trek dit oor met goud en die silwersmid maak kettings van silwer.

20. Hy wat te arm is vir so ’n offer, kies ’n boom wat nie vergaan nie; hy soek vir hom ’n vaardige ambagsman om ’n afgod voor te berei wat nie sal wankel nie.

21. Weet julle nie? Het julle nie gehoor nie? Is dit nie van die begin af aan julle verkondig nie? Het julle nie van die fondamente van die aarde af verstaan nie?

Yesha'yahu 40