Yesha'yahu 39:5-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Toe sê Yesha’yahu vir Hizkiyahu: “Luister en hoor die woord van יהוה-Tzva’ot:

6. ‘Let op, die dae kom dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgeberg het tot vandag toe, na Bavel weggedra sal word; daar sal niks oorbly nie,’ sê יהוה.

7. ‘Van jou seuns wat uit jou sal voortkom, wat jy sal verwek, sal weggevat word en hulle sal amptenare in die paleis van die koning van Bavel word.’”

8. Toe sê Hizkiyahu vir Yesha’yahu: “Die boodskap van יהוה wat u gebring het, is goed,” want hy het gedink: “Daar sal vrede en waarheid in my dae wees!”

Yesha'yahu 39