Yesha'yahu 33:22-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. want יהוה is ons Regter, יהוה is ons Wetgewer, יהוה is ons Koning; Hy sal ons red.

23. Jou toue hang slap; dit kan nie die voetstuk van hulle mas styf vashou, of die seil uitsprei nie. Dan sal die roof van ’n oorvloedige buit verdeel word; die lammes sal die buit vat

24. en geen inwoner sal sê: “Ek is siek nie;” die mense wat daarin woon, se oortredinge sal vergewe wees.

Yesha'yahu 33