Yesha'yahu 31:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wee hulle wat na Mitzrayim aftrek vir hulp, wat vertrou op perde en in strydwaens omdat daar baie is en op perderuiters omdat hulle baie sterk is, maar hulle kyk nie na die Afgesonderde van Yisra’el of soek nie na יהוה nie.

2. Nogtans is Hy ook wys en sal ’n ramp bring en trek nie Sy woorde terug nie, maar sal opstaan teen die huis van die boosdoeners en teen die hulp van die werkers van onregverdigheid.

3. Nou, die Mitzrayiete is mense en nie God nie en hulle perde is vlees en nie gees nie; so sal יהוה Sy hand uitstrek en hy wat help sal struikel en wie gehelp is, sal val en almal van hulle sal saam tot ’n einde kom,

Yesha'yahu 31