Yesha'yahu 3:2-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. die magtige man en die krygsman, die regter en die profeet, die waarsêer en die oudste,

3. die bevelvoerder oor vyftig en die eerbare man, die raadsman en die meester ambagsman en die ervare besweerder.

4. Ek sal seuns aanstel as hulle prinse en moedswillige seuns sal oor hulle heers.

5. Die mense sal onderdruk word, elkeen deur ’n ander en elkeen deur sy naaste; die jeug sal teen die oueres en die ondergeskiktes teen die eerbares aanstorm.

6. Wanneer ’n man sy broer in die huis van sy vader gryp en sê: “Jy het ’n kleed, jy moet ons heerser wees en hierdie puinhoop regeer,”

7. dan sal hy in dié dag protesteer en sê: “Ek sal nie julle leier wees nie, want in my huis is daar geen brood of kleed nie; julle kan my nie aanstel as heerser oor die mense nie,”

Yesha'yahu 3