Yesha'yahu 16:3-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Gee advies, maak ’n besluit, gooi jou skaduwee soos die nag oor die middel van die dag, steek die uitgeworpenes weg, moenie die vlugteling verraai nie!

4. Laat die uitgeworpenes van Mo’av by jou bly; wees ’n skuilplek vir hulle teen die vernietiger, want die afperser het tot ’n einde gekom, verwoesting het opgehou, onderdrukkers is heeltemal weg uit die land!Yes 9:7; Dan 7:14,27; Mik 4:7; Luk 1:33

5. ’n Troon sal selfs opgerig word in liefdevolle omgee en ’n Regter sal in Dawid se tent in vertrouenswaardigheid daarop sit; meer nog, Hy sal regverdige oordeel soek en gou wees in onpartydige opregtheid.

6. Ons het gehoor van die trotsheid van Mo’av, ’n oormatige trots; van sy arrogansie, trotsheid en woede; sy ydele grootpratery is vals.Yir 48:20

7. Mo’av sal daarom huil, almal sal oor Mo’av huil, want die fondasies van die mure is vernietig; sekerlik kerm hulle soos dié wat siek is,

Yesha'yahu 16