Yesha'yahu 13:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese gesig wat Yesha’yahu, die seun van Amotz, aangaande Bavel gesien het:

2. Lig ’n banier op die kaal berg op; roep hulle hardop toe, waai met die hand sodat hulle die deure van die edeles kan binnegaan.

3. Ek het My afgesonderdes opdrag gegee; Ek het selfs My magtige soldate geroep, My trots, jubelendes, om My woede uit te voer.

4. ’n Klank van opskudding op die berge soos die van baie mense; ’n klank van die oproer van die koninkryke van nasies wat bymekaargekom het! יהוה-Tzva’ot roep die leër op vir oorlog.

5. Hulle kom vanaf ’n ver land, van die verste horisonne af, יהוה en Sy instrumente van Sy woede, om die hele land te verwoes.

6. Huil, want die dag van יהוה is naby! Dit sal kom as die vernietiging deur die Almagtige;

7. daarom val al die hande slap en elke mens se binneste sal smelt.1 Thes 5:3

Yesha'yahu 13