Yegezk'el 48:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. “Hierdie is die name van die stamme: vanaf die verste noord, langs die pad van Hetlon na die ingang van Hamat, tot by Hatzar-`Einan, op die grens van Dammesek, na die noorde toe langs Hamat, van oos tot wes: Dan, een deel;

2. langs die grens van Dan, vanaf die oostekant tot by die westekant: Asher, een deel;

3. langs die grens van Asher, vanaf die oostekant tot by die westekant: Naftali, een deel;

4. langs die grens van Naftali, vanaf die oostekant tot by die westekant: Manasheh, een deel;

5. langs die grens van Manasheh, vanaf die oostekant tot by die westekant: Efrayim, een deel;

6. langs die grens van Efrayim, vanaf die oostekant tot by die westekant: Re’uven, een deel;

7. langs die grens van Re’uven, vanaf die oostekant tot by die westekant: Y’hudah, een deel;

Yegezk'el 48