Yegezk'el 41:8-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Ek het ook gesien dat die huis ’n opgeligte platvorm reg rondom het en die sykamers was die volle meetstok van ses el geskei van mekaar.

9. Die dikte van die buitemuur van die sykamers was vyf el, maar die oop ruimte tussen die sykamers wat aan die tempel behoort het

10. en die buitenste kamers was twintig el breed, reg rondom die tempel aan elke kant.

11. Die deuropeninge van die sykamers na die oop ruimte was een deur in die rigting van die noorde en ’n ander een in die rigting van die suide en die breedte van die oop ruimte: vyf el reg rondom.

12. Die gebou wat voor die afsonderlike ruimte na die westekant toe lê, was sewentig el breed en die muur van die gebou was vyf el dik reg rondom en sy lengte negentig el.

13. Toe het hy die tempel gemeet: een honderd el lank; die afsonderlike ruimte met die gebou en sy mure was ook ’n honderd el lank.

14. Die breedte van die voorkant van die tempel en van die afsonderlike ruimtes na die ooste toe was ook ’n honderd el.

Yegezk'el 41