Yegezk'el 41:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het hy my na die hoofvertrek gebring en die sypilare gemeet: die breedte van die sypilare was ses el breed aan elke kant.

2. Die breedte van die ingang: tien el en die symure van die ingang: vyf el aan elke kant; hy het die lengte van die hoofvertrek gemeet: veertig el en die breedte: twintig el.

3. Toe het hy ingegaan en elke sypilaar van die ingang gemeet: twee el en die ingang: ses el hoog en die breedte van die ingang: sewe el.

4. Hy het sy lengte gemeet: twintig el en die breedte: twintig el, voor die hoofvertrek en hy het vir my gesê: “Hierdie is die Mees Afgesonderde Plek.”

5. Toe het hy die muur van die tempel gemeet: ses el en die breedte van die sykamers: vier el, reg rondom die huis aan elke kant.

Yegezk'el 41