Yegezk'el 40:28-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Toe het hy my via die Suidpoort na die binneste hof gebring en hy het die Suidpoort gemeet volgens daardie selfde afmetings.

29. Sy wagkamers, sy sypilare en sy stoepe was volgens daardie selfde afmetings en die hek en die stoepe het vensters reg rondom gehad; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed.

30. Daar was stoepe reg rondom; vyf en twintig el lank en vyf el breed.

31. Sy stoepe was na die buitenste hof met palmboom ornamente op sy sypilare en sy trap het agt trappe gehad.

Yegezk'el 40