Yegezk'el 40:25-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. Die poort en sy stoepe het vensters reg rondom gehad, soos die ander vensters; die lengte was vyftig el en die breedte vyf en twintig el.

26. Sewe trappe het opgegaan daarheen en sy stoepe was voor hulle en dit het palmboom ornamente gehad op sy sypilare, een aan elke kant.

27. Die binneste hof het ’n poort na die suide gehad en hy het van poort tot poort na die suide toe gemeet: ’n honderd el.

28. Toe het hy my via die Suidpoort na die binneste hof gebring en hy het die Suidpoort gemeet volgens daardie selfde afmetings.

29. Sy wagkamers, sy sypilare en sy stoepe was volgens daardie selfde afmetings en die hek en die stoepe het vensters reg rondom gehad; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed.

30. Daar was stoepe reg rondom; vyf en twintig el lank en vyf el breed.

31. Sy stoepe was na die buitenste hof met palmboom ornamente op sy sypilare en sy trap het agt trappe gehad.

32. Hy het my in die binneste hof ingebring in die rigting van die ooste en hy het die poort gemeet volgens daardie selfde afmetings.

33. Ook sy wagkamers, sy sypilare en sy stoepe was volgens daardie selfde afmetings en die poort en die stoepe het vensters reg rondom gehad; dit was vyftig el lank en vyf en twintig el breed.

34. Sy stoepe was in die rigting van die buitenste hof en daar was palmboom ornamente op sy sypilare aan elke kant en sy trap het agt trappe gehad.

35. Toe het hy my na die Noordpoort gebring en hy het dit gemeet volgens daardie selfde afmetings,

Yegezk'el 40