Yegezk'el 37:11-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Toe sê Hy vir my: “Seun van ’n mens, hierdie bene is die hele huis van Yisra’el; let op, hulle sê: ‘Ons bene is verdroog en ons verwagting het vergaan. Ons is volledig afgesny!’

12. Profeteer daarom en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, My volk; Ek sal julle in die land van Yisra’el bring,

13. dan sal julle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek julle grafte oopgemaak het en julle uit jul grafte laat opkom het, My volk!

14. Ek sal My Gees in julle plaas en julle sal lewe en Ek sal julle in jul eie land sit; dan sal julle weet dat Ek, יהוה, gepraat en dit gedoen het,” verklaar יהוה. ’”

15. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

16. “Jy, seun van ’n mens, vat vir jouself een stok en skryf daarop: ‘Vir Y’hudah en vir die seuns van Yisra’el, sy bondgenote;’ vat dan ’n ander stok en skryf daarop: ‘Vir Yosef, die stok van Efrayim en die hele huis van Yisra’el, sy bondgenote.’

17. Sit hulle vir jouself bymekaar, die een by die ander, in een stok sodat hulle een kan word in jou hand.

18. Wanneer die seuns van jou volk met jou praat en sê: ‘Wil jy nie vir ons verklaar wat jy met hierdie dinge bedoel nie?’

19. Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal die stok van Yosef vat, wat in die hand van Efrayim is en die stamme van Yisra’el, sy bondgenote en Ek sal hulle by hom sit, by die stok van Y’hudah en hulle een stok maak en hulle sal een word in My hand.’”

20. Die stokke waarop jy skryf moet in jou hand, voor hulle oë, wees.

21. Sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek sal die seuns van Yisra’el uithaal van tussen die nasies waarheen hulle gegaan het en Ek sal hulle van alle kante af bymekaarmaak en hulle in hul eie land bringHos 2:2

22. en Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Yisra’el en een Koning sal vir hulle almal Koning wees en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en nie verder in twee koninkryke verdeeld wees nie.Yir 31:33

23. Hulle sal hulself nie meer onrein maak met hulle afgode of met hulle verwerplike dinge of met enige van hulle oortredinge nie, maar Ek sal hulle bevry uit al hulle blyplekke waarin hulle gesondig het en sal hulle reinig. Hulle sal My volk wees en Ek sal hulle God wees.Yog10:16 en hulle sal in My wette loop en My instellings onderhou en hulle gehoorsaam.Hos 3:5

24. My Dienskneg Dawid sal Koning oor hulle wees, hulle sal almal een Herder hê

25. Hulle sal woon in die land wat Ek vir Ya’akov, My dienskneg, gegee het, waar julle vaders gewoon het en húlle sal daarin woon, hulle en hulle kinders en hulle kindskinders vir ewig en Dawid, My Dienskneg sal hulle Prins wees vir ewig.Yes 60:13,14

26. Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit; dit sal ’n ewige verbond met hulle wees en Ek sal hulle vermenigvuldig en Ek sal My Afgesonderde Plek in hulle midde opstel vir ewig.Yir 31:33; 2 Kor 6:16; Open 21:3

27. My blyplek sal ook by hulle wees en Ek sal hulle God wees en hulle sal My volk wees

Yegezk'el 37