7. daarom, so sê יהוה-God: ‘Ek het gesweer dat die nasies rondom sekerlik self hulle smaad sal dra,
8. maar julle, o berge van Yisra’el, sal julle takke uitsteek en julle vrugte dra vir My volk Yisra’el, want hulle sal gou kom,
9. want let op, Ek is vir julle en Ek sal na julle toe draai en julle sal bewerk en besaai word.
10. Ek sal mense op jou vermenigvuldig, die hele huis van Yisra’el, almal; die stede sal bewoon wees en die puinhope opgebou.
11. Ek sal mens en dier op jou vermenigvuldig; hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees en Ek sal jou laat bewoon word soos wat jy vroeër was en jou beter behandel as aan die begin. So sal julle weet dat Ek יהוה is.
12. Ja, Ek sal mense, My volk Yisra’el, op julle laat loop en jul besit sodat julle hul erfenis kan word en hulle nooit weer van kinders ontneem nie.’
13. So sê יהוה-God: ‘Omdat hulle vir julle sê: “Jy is ’n mensvreter en het jou nasie van kinders beroof,”
14. sal jy daarom nie meer mense verteer en nie langer jou nasie van kinders ontneem nie,’ verklaar יהוה-God.
15. Ek sal nie meer dat jy beledigings vanaf die nasies hoor nie en ook nie vernedering van die volke af verdra nie en jy sal ook nie langer jou nasie laat struikel nie,” verklaar יהוה-God.’”
16. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
17. “Seun van die mens, toe die huis van Yisra’el in hulle eie land gewoon het, het hulle dit verontreinig met hul lewenswyse en hul dade; hulle lewenswyse voor My was soos die onreinheid van ’n vrou in haar onreinheid;
18. daarom het Ek My toorn oor hulle uitgegiet, vir die bloed wat hulle in die land vergiet het, want hulle het dit met hul afgode onteer.
19. Ek het hulle ook verstrooi onder die nasies en hulle is versprei deur die lande; Ek het hulle geoordeel volgens hul lewenswyse en hul dade.Yes 52:5; Rom 2:24 omdat dit van hulle gesê is: ‘Hierdie is die volk van יהוה; nogtans het hulle uit Sy land uitgegaan.’
20. Toe hulle by die nasies kom waarheen hulle gegaan het, het hulle My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit) onteer
21. Ek het egter omgegee vir My afgesonderde Naam (Karakter en Outoriteit), wat die huis van Yisra’el onteer het onder die nasies waarheen hulle gegaan het;