Yegezk'el 34:15-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Ek sal self My skape voed en Ek sal hulle laat rus,” verklaar יהוה-God.Luk 19:10 die verstrooides terugbring, die beseerdes verbind en die siekes versterk; Ek sal die vettes en die sterkes beskerm en Ek sal hulle voer met regverdige oordeel.

16. Ek sal die wat verlore is soek,

17. Wat julle betref, My skape, so sê יהוה-God, ‘let op, Ek sal oordeel tussen een skaap en ’n ander, tussen ramme en bokramme.

18. Is dit vir julle, o herders, nie genoeg dat julle in die goeie weiveld wei nie, dat julle die res van jul weiveld met jul pote moet vertrap? Of, nadat julle van die helder water gedrink het, moet julle dit wat oor is met jul pote vertroebel?

19. Moet My skape eet wat julle met jul pote vertrap het en drink wat julle met jul pote vertroebel het?’”

20. יהוה-God sê daarom vir hulle: “Let op, Ek, ja Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.

21. Omdat hulle met sye en skouers stoot en met hulle horings na al die swakkes stamp totdat hulle hul na buite verstrooi het,

22. sal Ek My skape bevry en hulle sal nie langer ’n prooi wees nie en Ek sal oordeel tussen een skaap en ’n ander,Yog 10:11; Open 7:17

23. dan sal Ek een Herder oor hulle aanstel, My Dienskneg Dawid en hy sal hulle voed; Hy sal hulle self voed en hulle Herder wees.

24. Ek, יהוה, sal hulle God wees en My Kneg, Dawid, sal ’n Prins onder hulle wees; Ek, יהוה, het gepraat.

25. Ek sal ’n verbond van vrede met hulle sluit en die skadelike diere uit die land uitskakel sodat hulle veilig in die wildernis kan bly en slaap in die woude.

26. Ek sal hulle en die plekke rondom My heuwel ’n seën maak en Ek sal stortreëns laat afkom in sy seisoen; dit sal stortreëns van seën wees.

Yegezk'el 34