Yegezk'el 34:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, profeteer teen die herders van Yisra’el. Profeteer en sê vir daardie herders: ‘So sê יהוה-God: “Wee die herders van Yisra’el wat hulleself gevoed het! Moet die herders nie die skape voer nie?

3. Julle eet die vet en trek julle aan met die wol; julle slag die vettes, sonder om die trop te voed.

Yegezk'el 34