Yegezk'el 33:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, praat met die seuns van jou volk en sê vir hulle: ‘As Ek ’n swaard oor ’n land bring en die mense van die land neem een man vanuit hulle midde en maak hom hulle wag

3. en hy sien die swaard aankom oor die land en blaas op die ramshoring en waarsku die mense;

4. dan sal hy wat die geluid van die ramshoring hoor, maar hom nie laat waarsku nie en ’n swaard kom en hom wegvat, se bloed op sy eie kop wees.

Yegezk'el 33