4. Ek sal jou op die land los; Ek sal jou op die oop veld gooi en Ek sal al die voëls van die hemel op jou laat sit en Ek sal die wilde diere van die hele aarde versadig met jou.
5. Ek sal jou vlees uitlê op die berge en die valleie vol maak met jou vullis.
6. Ek sal die land maak drink van jou bloed wat uitvloei so ver as tot by die berge en die klowe sal vol wees van jou.Mat 24:29; Mar 13:25
7. Wanneer Ek jou uitblus, sal Ek die hemel toemaak en sy sterre verdonker; Ek sal die son met ’n wolk toemaak en die maan sal nie sy lig gee nie.Eks 10:21,22; 2 Kef 3:10-12
8. Al die skynende ligte aan die hemel sal Ek oor jou verduister en Ek sal duisternis in jou land gee,” verklaar יהוה-God.
9. Ek sal die verstand, wil en emosie van baie volke bekommerd maak wanneer Ek jou vernietiging tussen die nasies bring, in lande wat jy nie geken het nie.
10. Ek sal maak dat baie volke oor jou verstom staan en hulle konings sal verskriklik bang wees vir jou wanneer Ek My swaard voor hulle swaai en hulle sal elke oomblik bewe, elkeen vir sy lewe, op die dag van jou val,”
11. want so sê יהוה-God: “die swaard van die koning van Bavel sal oor jou kom.
12. Ek sal jou menigtes laat val deur swaarde van magtige manne; hulle is almal tiranne van die nasies en hulle sal die trots van Mitzrayim vernietig en al sy menigtes sal vernietig word.