Yegezk'el 32:28-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Jy sal egter ook tussen die onbesnedenes slaap en tussen hulle lê wat deur die swaard neergeslaan is.

29. Edom is ook daar, sy konings en al sy prinse, wat ondanks al hulle mag neergelê is by die wat neergeslaan is met die swaard; hulle sal by die onbesnedenes en by die wat in die put afgegaan het, lê.

30. Die leiers van die noorde is daar, almal van hulle en al die Tzidoniërs, wat ten spyte van die verskrikking wat op hulle mag gevolg het, in skande saam met die neergeslaandes afgegaan het. So lê hulle onbesnede by die wat neergeslaan is deur die swaard en dra hulle skande saam met die wat in die put afgaan.

31. Farao sal hulle sien en hy sal getroos wees oor al sy menigtes wat deur die swaard neergeslaan is, Farao en sy hele leër,” verklaar יהוה-God.

32. “Ek het sy vernietiging in die land van die lewendes veroorsaak en gemaak dat hy tussen die onbesnedenes neergelê word, saam met die wat neergeslaan is deur die swaard, selfs Farao en al sy menigtes,” verklaar יהוה-God.Yeg 3:18-21

Yegezk'el 32