Yegezk'el 32:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. want so sê יהוה-God: “die swaard van die koning van Bavel sal oor jou kom.

12. Ek sal jou menigtes laat val deur swaarde van magtige manne; hulle is almal tiranne van die nasies en hulle sal die trots van Mitzrayim vernietig en al sy menigtes sal vernietig word.

13. Ek sal ook al sy vee vernietig langs die baie waters en geen mense voet sal dit weer modder maak nie en geen dier se kloue dit troebel maak nie.

14. Dan sal Ek hulle waters laat stabiliseer en hulle riviere laat vloei soos olie,” verklaar יהוה-God.

15. Wanneer Ek die land van Mitzrayim ’n verlatenheid maak en die land is woes gelê van wat sy volheid was, wanneer Ek almal wat daarin woon, neergeslaan het, dan sal hulle weet dat Ek יהוה is.

16. Hierdie is ’n klaaglied en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies sal dit sing; hulle sal dit sing oor Mitzrayim en oor al haar menigtes,” verklaar יהוה-God.

17. In die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

18. “Seun van ’n mens, huil oor die menigtes van Mitzrayim en gooi haar mense neer tussen die sterk nasies, in die diepste dele van die aarde, saam met die wat afgaan na die put:

19. ‘Wie gaan jy verby in skoonheid? Gaan af en maak jou bed by die onbesnedenes.’

20. Hulle sal val tussen die wat deur die swaard neergeslaan word. Sy is oorgegee aan die swaard; hulle het haar en al haar menigtes weggelei.

21. Die sterkes onder die magtiges sal van hom en sy helpers praat vanuit Sh’ol: ‘Hulle het afgegaan, hulle lê stil, die onbesnedenes, neergeslaan deur die swaard.’

22. Ashur en al haar menigtes is daar; haar grafte is reg rondom haar. Hulle is almal neergeslaan, geval deur die swaard,

23. wie se grafte gemaak is in die verste dele van die put en haar menigtes is reg rondom haar graf. Hulle is almal neergeslaan, geval deur die swaard, wat verskrikking versprei het in die land van die lewendes.

24. `Eilam en al haar menigtes is daar rondom haar graf; hulle is almal neergeslaan, geval deur die swaard, hulle wat onbesnede afgegaan het na die laagste dele van die aarde, wat hulle verskrikking oorgedra het in die land van die lewendes en hulle skande dra saam met die wat afgegaan het in die put.

Yegezk'el 32