Yegezk'el 31:16-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. Ek het die nasies laat bewe deur die geluid van sy val, toe Ek hom na Sh’ol laat afgaan het saam met die wat afgaan na die put en al die goed natgemaakte bome van `Eden, die keur en bestes van die L’vanon, is getroos in die diepste dele van die aarde.

17. Hulle het ook saam met hom afgegaan na Sh’ol, na die wat neergeslaan is deur die swaard en die wat kragtig was, het in sy skaduwee tussen die nasies geleef.

18. Tot watter tussen die bome van `Eden is jy so gelyk in lof en eer en in grootheid? Tog sal jy afgebring word saam met die bome van `Eden na die aarde daar onder; jy sal tussen die onbesnedenes lê, saam met die wat neergeslaan is deur die swaard. So is Farao en al sy menigtes,’” verklaar יהוה-God.”

Yegezk'el 31