Yegezk'el 31:11-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. daarom het Ek hom oorgegee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal deeglik met hom handel; volgens sy boosheid het Ek hom weggedryf.

12. Vreemde tiranne van die nasies het hom afgekap en hom gelos; op die berge en in al die valleie het sy takke geval en sy loof het in al die klowe van die land gebreek en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom verlaat.

13. Al die voëls van die hemel sal op sy puin bly en al die wilde diere van die veld op sy takke

14. sodat al die bome by die waters hulself nie kan oplig oor hul hoogte, of hulle top tussen die wolke sou oplig nie, of hulle goed natgemaakte magtiges nie regop sou staan in hulle hoogte nie, want hulle is almal oorgegee aan die dood, aan die aarde daar onder, tussen die seuns van die mens, saam met die wat afgaan na die put.”

Yegezk'el 31