10. יהוה-God sê daarom: “Omdat hy hoog is en sy top tussen die wolke opgelig het en hoogmoedig is in sy hoogte,
11. daarom het Ek hom oorgegee in die hand van die magtige onder die nasies; dié sal deeglik met hom handel; volgens sy boosheid het Ek hom weggedryf.
12. Vreemde tiranne van die nasies het hom afgekap en hom gelos; op die berge en in al die valleie het sy takke geval en sy loof het in al die klowe van die land gebreek en al die volke van die aarde het uit sy skaduwee weggegaan en hom verlaat.
13. Al die voëls van die hemel sal op sy puin bly en al die wilde diere van die veld op sy takke