9. Die land van Mitzrayim sal ’n verlatenheid en puinhoop word. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה is. Omdat jy sê: ‘Die Nyl is myne en ek het dit gemaak,’
10. let daarom op, Ek is teen jou en teen jou riviere en Ek sal die land van Mitzrayim ’n absolute puinhoop en verlatenheid maak, vanaf Migdol af tot by S’venah en selfs tot by die grens van Kush.
11. Geen mens se voet sal daar deurgaan nie en geen dier se poot sal daar deurgaan nie en dit sal vir veertig jaar lank onbewoond wees.