Yegezk'el 28:25-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

25. So sê יהוה-God: “Wanneer Ek die huis van Yisra’el versamel vanuit die volke onder wie hulle verstrooi is en Ek My afgesonderdheid in hulle duidelik sal maak voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land bly wat Ek vir My dienskneg Ya’akov gegee het.

26. Hulle sal veilig daarin bly en hulle sal huise bou, wingerde plant en veilig woon wanneer Ek oordele uitvoer op almal wat hulle van alle kante af verag. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה, hulle God, is.”’”

Yegezk'el 28