Yegezk'el 27:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Tarshish was jou kliënt weens die menigte van allerhande rykdom; hulle het met silwer, yster, tin en lood betaal vir jou ware.

13. Yavan, Tubval en Meshekh, hulle was handelaars; hulle het vir jou ware betaal met die lewens van mense en houers van koper.

14. Hulle van Beit-Togarmah het perde, oorlogsperde en muile gegee vir jou ware.

15. Die seuns van D’dan was jou handelaars. Baie kuslande was jou mark; hulle het ivoortande en ebbehout as jou betaling gebring.

Yegezk'el 27