Yegezk'el 27:10-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Paras (Persië), Lud en Put was in jou leër, jou krygsmanne; hulle het skild en helm in jou opgehang; hulle het aan jou glans gegee.

11. Die seuns van Arvad en jou leër was rondom op jou mure en die Gammadiete was in jou torings; hulle het hul skilde rondom op jou mure gehang; hulle het jou mooiheid volmaak gemaak.

12. Tarshish was jou kliënt weens die menigte van allerhande rykdom; hulle het met silwer, yster, tin en lood betaal vir jou ware.

13. Yavan, Tubval en Meshekh, hulle was handelaars; hulle het vir jou ware betaal met die lewens van mense en houers van koper.

14. Hulle van Beit-Togarmah het perde, oorlogsperde en muile gegee vir jou ware.

15. Die seuns van D’dan was jou handelaars. Baie kuslande was jou mark; hulle het ivoortande en ebbehout as jou betaling gebring.

16. Aram was jou kliënt weens die menigte van jou goedere; hulle het vir jou ware met smaragte, purper, geborduurde werk, fyn linne, korale en robyne betaal.

17. Y’hudah en die land van Yisra’el, hulle was jou handelaars; met die koring van Minnit, koeke, heuning, olie en balsem het hulle vir jou ware betaal.

Yegezk'el 27