Yegezk'el 23:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, daar was twee vroue, dogters van een moeder.

3. Hulle het in Mitzrayim hoereer; in hul jeug het hulle hoereer; daar is hul borste gedruk en daar is hul maagdelike borste hanteer.

4. Hulle name was: Oholah, die oudste en Oholivah, haar suster en hulle het Myne geword en geboorte gegee aan seuns en dogters. Wat hulle name betref: Shomron is Oholah en Yerushalayim is Oholivah.

5. Oholah het gehoereer terwyl sy Myne was en sy het na haar minnaars, vanaf Ashur, haar bure,

6. wat in pers aangetrek was, goewerneurs en amptenare, almal begeerlike jongmanne, ruiters wat op perde ry, gesmag.

7. Sy het haar hoererye op hulle uitgestort, almal wat die keur manne uit Ashur was en met almal waarna sy gesmag het, met al hulle afgode het sy haarself verontreinig.

Yegezk'el 23