13. maar die huis van Yisra’el het teen My rebelleer in die wildernis. Hulle het nie in My instellings geloop nie en hulle het My wette verwerp, waardeur, as ’n mens hulle doen, hy sal leef en My Shabbatte het hulle grootliks onteer. Toe het Ek vas besluit om My toorn in die wildernis oor hulle uit te giet om hulle uit te wis.
14. Ek het egter opgetree ter wille van My Naam sodat dit nie onteer sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgebring het nie.
15. Ek het in die wildernis ook tot hulle gesweer dat Ek hulle nie sou bring in die land wat Ek vir hulle gegee het, wat vloei met melk en heuning, wat die lof en eer van al die lande is, nie
16. omdat hulle My wette verwerp het en nie in My instellings geloop het nie; hulle het selfs My Shabbatte onteer, want hulle verstand, wil en emosie het aanhoudend agter hul afgode aangeloop.
17. Nogtans het My oog hulle gespaar eerder as om hulle te vernietig en Ek het nie hulle uitwissing in die wildernis veroorsaak nie.
18. Ek het vir hulle seuns in die wildernis gesê: ‘Moenie in die instellings van julle vaders loop of hulle voorskrifte hou nie of julleself met hulle afgode onteer nie.
19. Ek is יהוה, julle God; loop in My instellings en hou My voorskrifte en doen hulle.
20. Sonder My Shabbatte af en hulle sal ’n teken wees tussen My en julle dat julle kan weet dat Ek יהוה, julle God, is.’
21. Die seuns het egter teen My rebelleer: hulle het nie in My instellings geloop en was nie versigtig om My voorskrifte na te kom nie, waardeur, as ’n mens hulle hou, hy sal lewe. Hulle het My Shabbatte onteer, dus het Ek vas besluit om My toorn teen hulle uit te stort, om My toorn in die wildernis teen hulle te laat uitwoed,
22. maar Ek het My hand teruggetrek en opgetree ter wille van My Naam (Karakter en Outoriteit) sodat dit nie onteer sou word voor die oë van die nasies voor wie se oë Ek hulle uitgebring het nie.
23. Ek het ook vir hulle gesweer in die wildernis dat Ek hulle sal verstrooi onder die nasies en hulle sal versprei onder die lande
24. omdat hulle nie My voorskrifte nagekom het nie, maar My instellings verwerp het en My Shabbatte onteer het en hulle oë was op die afgode van hulle vaders;
25. daarom het Ek ook vir hulle instellings gegee oor wat nie goed was nie en voorskrifte oor dit waarvolgens hulle nie moet lewe nieHand 7:43
26. en Ek het dat hulle hulself onrein maak deur hulle geskenke, toe hulle al hul eersgeborenes deur die vuur geoffer het sodat Ek hulle kon vernietig en hulle kon weet dat Ek יהוה is.’”
27. Seun van ’n mens, praat daarom met die huis van Yisra’el en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Tog het julle vaders op hierdie presiese manier sleg gepraat van My deur troueloos teen My op te tree.
28. Toe Ek hulle in die land ingebring het wat Ek gesweer het om vir hulle te gee, het hulle elke hoë heuwel en elke blaarryke boom gesien en hulle het daar hulle offers geoffer en daar die uitdaging van hulle offers aangebied. Daar het hul ook hulle kalmerende aromas gebring en daar het hul hul drankoffers uitgegiet.