11. wat afgodsoffers eet op die berge, sy naaste se vrou onteer,
12. wat die armes en behoeftiges onderdruk, sy naaste afpers, die waarborg nie teruggee aan sy eienaar nie, sy oë oplig na die afgode en verwerplike dinge doen,
13. geld uitleen met rente en meer vat; sal hy dan lewe? Hy sal nie lewe nie! Hy het al hierdie verwerplikhede gedoen, hy sal sekerlik doodgemaak word; sy bloed sal op homself wees.
14. As hy egter ’n seun het wat al die sondes sien wat sy vader gedoen het en nie dieselfde doen nie:
15. hy eet nie afgodsoffers op die berge en slaan nie sy oë op na die afgode van die huis van Yisra’el, of onteer die vrou van sy naaste nie;
16. verdruk niemand of hou ’n waarborg terug of roof nie, maar gee sy brood vir die hongeres en bedek die wat kaal is met klere;
17. hy weier nie om die armes te help nie en vat geen rente of meer nie, maar voer My wette uit en leef in My instellings; hy sal nie sterf vir sy vader se oortredinge nie, hy sal sekerlik leef.
18. Wat sy vader betref, omdat hy afpersing toegepas het, sy broer beroof het en onder sy volk gedoen het wat nie goed is nie, let op, hy sal vir sy oortredinge sterf.
19. Nogtans sê julle: ‘Waarom sou die seun nie die straf vir die vader se oortredinge dra nie?’ Wanneer die seun regverdigheid, onpartydige opregtheid gepraktiseer het en al My instellings onderhou en dit gedoen het, sal hy sekerlik leef!Deut 24:16; 2 Kon 14:6; Yir 31:30
20. Die persoon wat sondig sal sterf. Die seun sal nie die straf dra vir die vader se oortredinge nie en die vader sal ook nie die straf dra vir die seun se oortredinge nie; die regverdigheid van die onpartydige en opregte sal op homself wees en die boosheid van die bose oortreder sal op homself wees.
21. As die bose oortreder wegdraai van al sy sondes wat hy gedoen het en al My instellings onderhou en regverdig oordeel, onpartydige opregtheid, toepas, sal hy sekerlik leef, hy sal nie sterf nie.
22. Al sy oortredinge wat hy gedoen het, sal nie teen hom onthou word nie; as gevolg van sy onpartydige opregtheid wat hy praktiseer het, sal hy lewe.1 Tim 2:4
23. Het Ek enige behae in die dood van die bose oortreder,” verklaar יהוה-God, “eerder as dat hy sal wegdraai van sy lewenswyse af en leef?
24. As die onpartydige en opregte man egter wegdraai van regverdigheid, oortredinge pleeg en doen volgens al die verwerplikhede wat die bose oortreder doen, sal hy dan leef? Al sy onpartydige en opregte dade wat hy gedoen het, sal nie onthou word nie; vir sy troueloosheid wat hy gedoen het en sy sonde wat hy gedoen het, vir hulle sal hy sterf.
25. Nogtans sê julle: ‘Die pad van יהוה is nie reg nie. Hoor en luister nou, o huis van Yira’el! Is My pad nie reg nie? Is dit nie júlle paaie wat nie reg is nie?
26. Wanneer ’n regverdige man wegdraai van sy onpartydige opregtheid, oortredinge doen en sterf as gevolg daarvan, sal hy sterf vir die oortredinge wat hy gedoen het.
27. Weer, wanneer die bose oortreder wegdraai van sy boosheid wat hy gedoen het en regverdigheid, onpartydige opregtheid doen, sal hy sy lewe red.
28. Omdat hy dit oorweeg het en weggedraai het van sy oortredinge wat hy gedoen het, sal hy sekerlik leef, hy sal nie sterf nie.