Yegezk'el 16:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, maak aan Yerushalayim haar verwerplikhede bekend

3. en sê: ‘So sê יהוה-God vir Yerushalayim: “Jou oorsprong en jou geboorte is uit die land van die Kena’niete; jou vader was ’n Emoriet en jou moeder ’n Hittiet.

4. Wat jou geboorte betref, op die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie geknip nie en jy is ook nie met water gewas om jou te reinig nie; jy is ook nie met sout ingevryf of in doeke toegedraai nie.

Yegezk'el 16