Yegezk'el 16:1-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, maak aan Yerushalayim haar verwerplikhede bekend

3. en sê: ‘So sê יהוה-God vir Yerushalayim: “Jou oorsprong en jou geboorte is uit die land van die Kena’niete; jou vader was ’n Emoriet en jou moeder ’n Hittiet.

4. Wat jou geboorte betref, op die dag toe jy gebore is, is jou naelstring nie geknip nie en jy is ook nie met water gewas om jou te reinig nie; jy is ook nie met sout ingevryf of in doeke toegedraai nie.

5. Geen oog het met jammerte na jou gekyk om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou om te gee nie. Jy is eerder op die oop veld uitgegooi, want jy is verafsku op die dag toe jy gebore is.

6. Toe Ek by jou verbygaan en jou sien spartel in jou bloed, het Ek vir jou gesê terwyl jy in jou bloed spartel: ‘Leef!’

7. Ek het jou talryk gemaak soos die plante van die veld. Toe het jy gegroei en groot geword en die ouderdom bereik vir mooi ornamente; jou borste het gevorm en jou hare het gegroei en tog was jy naak en kaal.Open 19:8 Ek het ook vir jou gesweer en met jou ’n verbond aangegaan dat jy Myne geword het,” verklaar יהוה-God.

8. Toe het Ek by jou verbygegaan en jou gesien en let op, jy het die tyd bereik vir liefde; Ek het dus My kleed oor jou uitgesprei en jou kaalheid toegemaak.

9. Toe het Ek jou met water gewas, jou bloed van jou afgewas en jou met olie gesalf.

10. Ek het jou ook aangetrek met geborduurde lap en sandale van dugongvel aan jou voete gesit en Ek het jou toegedraai in fyn linne en jou bedek met sy.

11. Ek het jou met ’n kopband versier, armbande aan jou hande gesit en ’n ketting om jou nek.

12. Ek het ’n ring in jou neusgate gesit, oorringe aan jou ore en ’n pragtige kroon op jou kop.

13. So is jy versier met goud en silwer en jou klere was van fyn linne, sy en geborduurde materiaal. Jy het fyn meel, heuning en olie geëet en jy was uitermate mooi en het vooruitgegaan tot koninklikheid.

14. Toe het jou beroemdheid van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak as gevolg van My prag en grootsheid wat Ek aan jou oorgegee het,” verklaar יהוה-God.

15. Jy het egter in jou skoonheid vertrou en gehoereer as gevolg van jou beroemdheid en jy het jou hoererye uitgestort op elke verbyganger wat gewillig sou wees.

Yegezk'el 16