Yegezk'el 14:21-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. want so sê יהוה-God: “Hoeveel te meer as Ek My vier oordele teen Yerushalayim stuur: die swaard, hongersnood, wilde diere en die plaag, om mens en dier daarvan af te sny!

22. Tog, let op, oorlewendes sal daarin oorbly wat uitgebring sal word, seuns en dogters. Let op, hulle sal uitkom na julle toe en julle sal hulle optrede en aksies kan sien; dan sal julle getroos word oor die katastrofe wat Ek teen Yerushalayim gebring het, oor alles wat Ek daaroor gebring het.

23. Dan sal hulle julle troos wanneer julle hulle optrede en hulle aksies sien, want julle sal weet dat Ek nie tevergeefs gedoen het wat Ek ook al daaraan gedoen het nie,” verklaar יהוה-God.

Yegezk'el 14