7. want só ’n mens moenie dink dat hy enige iets van יהוה sal ontvang nie.
8. Wie ook al twyfel in sy gedagtes, het probleme in al sy doen en late.
9. Laat die arm broer roem dat hy opgelig word
10. en die ryke, in sy vernedering, want soos ’n blom van die veld sal hy verbygaan,
11. want die son kom op met sy hitte en laat die plant wegdroog en sy blom afval en die grasie van sy voorkoms word so vernietig; so sal die ryke ook in sy lewe wegkwyn.
12. Geseënd is die man wat volhard as hy getoets word, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang, wat God beloof, aan die wat Hom liefhet.
13. Laat niemand, as hy versoek word, sê: “Ek word deur God versoek nie,” want God is nie bekend met boosheid nie en Hy versoek nie die mens nie,
14. maar elkeen word getoets deur sy eie begeertes; hy begeer en word mislei.
15. Hierdie begeerte word verwagtend en gee geboorte aan sonde en as die sonde ontwikkel het, gee dit geboorte aan die dood.
16. Moenie op ’n dwaalspoor gelei word nie, my broers vir wie ek lief is.Mal 3:6; 1 Yog 1:5
17. Alle geskenke wat goed en volmaak is, kom van bo af, vanaf die Vader van Lig. By Hom is daar geen verandering of skaduwee van wysiging nie.Rom 8:19-23; 1 Kef 1:23