Ya'akov 1:18-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Omdat Hy wou, het Hy geboorte gegee aan ons deur die boodskap van die waarheid sodat ons die eerstelingoes van Sy skepping kan wees.

19. Elkeen van julle, my broers wat ek liefhet, moet gou wees om te luister, stadig om te praat, stadig om kwaad te word,

20. want die woede van ’n man voer nie die onpartydige opregtheid van God uit nie.

21. As gevolg hiervan, raak ontslae van alle verwerplikheid en die oorvloed van booshede en ontvang met nederigheid die boodskap wat ingeplant is in ons natuur, wat in staat is om julle gees te red.

22. Wees ’n doener van die boodskap en nie net ’n hoorder wat jouself mislei nie,

23. want as iemand ’n hoorder van die boodskap is en nie ’n doener nie, is hy soos ’n man wat sy gesig in ’n spieël sien,

24. want hy sien homself en gaan weg en vergeet hoe hy gelyk het,Deut 27; Ps 34:16

25. maar elkeen wat diep insien in die volmaakte wet van vryheid en daarin volhard omdat hy nie ’n vergeetagtige hoorder is nie, maar ’n doener van die dade, sal geseënd wees in wat hy doen.Ps 34:14; Ps 39:2; Ps 141:3 mislei hy sy eie denke, wil en emosie en die diens van hierdie man is leeg en doelloos.

26. As iemand dink dat hy God dien en nie sy tong in toom hou nie,Yes 1:15-17; Heb 13:16

27. Rein en afgesonderde bediening voor God-die-Vader is dít: om wese en weduwees in hulle moeilikhede te besoek en jou eie lewe sonder besmetting van die wêreld te hou.

Ya'akov 1