Spreuke 8:19-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. My vrug is beter as fyn goud en my opbrengs as uitgesoekte silwer.

20. Ek lei op die pad van onpartydige opregtheid, te midde van die paaie van regverdige oordeel,

21. om aan dié wat my liefhet, ’n versekerde verwagting te gee en ek sal hulle skatkamers volmaak.

22. יהוה het my geskep as eersteling van Sy skepping, voor al Sy werke.

23. Ek is van ewigheid af gevestig, vanaf die begin, voordat Hy die aarde gemaak het.

24. Toe daar nog geen dieptes was nie, is ek gebore; toe daar geen fonteine, oorlopens met water, was nie.

25. Voordat die berge gevestig is, voor die heuwels gevorm is, is ek gebore

26. terwyl Hy nog nie die aarde, die valleie of die beste grond van die wêreld gemaak het nie.

27. Toe Hy die hemele vasgestel het, was ek daar; toe Hy ’n kring afgetrek het op die oppervlakte van die dieptes;

28. toe Hy die wolke daarbo gevestig het, toe Hy die fonteine van die dieptes versterk het;Ps 104:5,9

29. toe Hy vir die see sy grens gestel het sodat die waters nie Sy bevel sou oortree nie; toe Hy die fondasies van die aarde neergelê het,

30. het ek dit saam met Hom vasgestel en ek was daagliks Sy genot, altyd in vreugde voor Sy Teenwoordigheid,

Spreuke 8