14. Raadgewing en begripsvermoë is myne; insig en sterkte is myne.
15. Deur my regeer konings en verklaar prinse regverdige oordeel;
16. deur my heers prinse en edelmanne, al die regters van die aarde.
17. Ek het lief dié wat my liefhet en dié wat my soek, sal my vind.
18. Rykdom en eer is myne, ja, standhoudende rykdom en onpartydige opregtheid.
19. My vrug is beter as fyn goud en my opbrengs as uitgesoekte silwer.
20. Ek lei op die pad van onpartydige opregtheid, te midde van die paaie van regverdige oordeel,
21. om aan dié wat my liefhet, ’n versekerde verwagting te gee en ek sal hulle skatkamers volmaak.
22. יהוה het my geskep as eersteling van Sy skepping, voor al Sy werke.
23. Ek is van ewigheid af gevestig, vanaf die begin, voordat Hy die aarde gemaak het.
24. Toe daar nog geen dieptes was nie, is ek gebore; toe daar geen fonteine, oorlopens met water, was nie.
25. Voordat die berge gevestig is, voor die heuwels gevorm is, is ek gebore
26. terwyl Hy nog nie die aarde, die valleie of die beste grond van die wêreld gemaak het nie.