Spreuke 7:14-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. “Vandag het ek my geloftes betaal. Ek het vredesoffers by my;

15. daarom het ek uitgekom om jou te ontmoet, want ek het gewag om jou te sien en nou het ek jou gekry.

16. Ek het my bed op ’n mat opgemaak, dit met fyn linne uit Mitzrayim bedek;

17. ek het my bed geparfumeer met mirre, aalwyn en kaneel;

18. kom, laat ons versadig word van liefde tot die oggend toe, laat ons mekaar omarm met passie,

Spreuke 7