Spreuke 6:29-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

29. So is hy wat by die vrou van sy naaste ingaan en haar aanraak; hy sal nie onskuldig wees nie.

30. Niemand wonder oor ’n dief as hy gevang word dat hy steel nie, want hy steel om homself te bevredig as hy honger het,

31. maar as hy gevang word, moet hy sewevoudig terugbetaal; hy moet al die goed in sy huis gee.

32. Hy wat egbreuk pleeg met ’n vrou, is sonder insig en hy vernietig sy eie lewe.

33. Hy wat dit doen bring oneer oor homself en sy oneer sal nie uitgewis word nie,

Spreuke 6