Spreuke 6:23-33 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. want die opdragte is ’n lamp en die instruksies ’n lig en die teregwysing wat dissiplineer is die pad tot lewe,

24. om jou te bewaar teen ’n slegte vrou, van die gevlei van die tong van ’n vreemde vrou.

25. Moenie haar skoonheid in jou hart begeer, of jou in ’n strik laat vang deur haar oë of jou laat gevange neem deur haar ooglede nie,

26. want die voorkoms van ’n hoer is so verleidelik soos ’n brood en die egbreekster jag ’n kosbare lewe.

27. Kan iemand vuur in sy skoot dra en sy klere nie verbrand nie?

28. Kan iemand op warm kole loop en sy voete nie verbrand nie?

29. So is hy wat by die vrou van sy naaste ingaan en haar aanraak; hy sal nie onskuldig wees nie.

30. Niemand wonder oor ’n dief as hy gevang word dat hy steel nie, want hy steel om homself te bevredig as hy honger het,

31. maar as hy gevang word, moet hy sewevoudig terugbetaal; hy moet al die goed in sy huis gee.

32. Hy wat egbreuk pleeg met ’n vrou, is sonder insig en hy vernietig sy eie lewe.

33. Hy wat dit doen bring oneer oor homself en sy oneer sal nie uitgewis word nie,

Spreuke 6