Spreuke 6:10-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

10. Nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou oor die bors;

11. so kom armoede oor jou en benoudheid sal jou inhaal soos ’n gewapende man.

12. ’n Dwaas, ’n boosdoener is gewetenloos,Ps 35:19; Spr 16:30

13. wat met sy oë knip, met sy voete beduie, met sy vingers tekens gee;

14. wat pervers is in sy verstand, wil en emosie, wat altyd boosheid beplan en tweedrag saai;

15. daarom sal sy katastrofe skielik kom, skielik sal hy gebroke wees sonder genesing.

Spreuke 6