Spreuke 5:6-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Sy loop nie op die land van die lewendes nie, haar pad is veranderlik en onbekend.

7. Luister daarom nou na my en doen dit, julle seuns en moenie afwyk van die woorde van my mond nie.

8. Verwyder jou lewenswyse ver van haar af en kom nie naby die deur van haar huis nie

9. sodat jy nie jou krag aan ander sal oorgee en jou jare aan die wreedaards

10. en dat vreemdes hulle nie versadig met jou rykdom en jou werk in die huis van ’n vreemdeling kom nieRom 1:24

11. en jy in jou oudag spyt sal hê, as die vlees van jou liggaam verteer word

12. en jy sê: “Hoekom het ek instruksies gehaat en my verstand, wil en emosie teregwysing verag

Spreuke 5