Spreuke 5:2-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. dat jy na raad kan luister en jou lippe kennis kan behou,

3. want die lippe van ’n vreemde vrou drup soos ’n heuningkoek en haar woorde is gladder as olie,

4. maar die einde van haar lewe is so bitter soos wilde-als, soos ’n swaard met twee snykante.

5. Haar voete laat mans afgaan na die dood, haar treë vat haar na Sh’ol.

6. Sy loop nie op die land van die lewendes nie, haar pad is veranderlik en onbekend.

7. Luister daarom nou na my en doen dit, julle seuns en moenie afwyk van die woorde van my mond nie.

8. Verwyder jou lewenswyse ver van haar af en kom nie naby die deur van haar huis nie

9. sodat jy nie jou krag aan ander sal oorgee en jou jare aan die wreedaards

10. en dat vreemdes hulle nie versadig met jou rykdom en jou werk in die huis van ’n vreemdeling kom nieRom 1:24

11. en jy in jou oudag spyt sal hê, as die vlees van jou liggaam verteer word

12. en jy sê: “Hoekom het ek instruksies gehaat en my verstand, wil en emosie teregwysing verag

13. en hoekom het ek nie geluister na die stem van my onderwyser, of my oor gedraai na hulle wat vir my instruksies gegee het nie!

14. Ek was in amper alle soorte boosheid te midde van die vergadering en die gemeente.

15. Drink water uit jou eie put en lopende water uit jou eie fontein.Spr 10:11

Spreuke 5